Search This Blog

Saturday 29 September 2018

Fullness of time


As this morning breaks anew,
grasses covered in fresh dew,
birds are singing in the trees,
blooms are budding ‘tween the leaves.

My eyes rest on this splendour
as I think of my Deliverer,
and of Him coming on a cloud
to gather His beloved crowd.

Will that morning break like this,
filled with joy and peaceful bliss,
or will the storm clouds gather low
to bring the One that all should know?

Be it morning, noon, or night,
I would not wish to miss the sight
when God returns in His full might
to set the wrongs back to right.

I’ll meet Him up there in the sky
and join in the triumphant cry.
Of what awaits I’m ignorant,
I only know He is magnificent.

So, as morning breaks anew,
with grass covered in fresh dew,
I know the task that lies ahead;
I’ll speak life to those who are still dead.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 27 September 2018

Depressie


Soos die donker naderskuif
voel ek hoe die vrees my dryf
om in 'n hoekie te gaan bibber
en van die angs te sit en sidder.

Maar dan kom soek my Vader my
en Hy sukkel nooit om my te kry.
Hy vat my rustig aan die hand
en fluister sag in my verstand.

Met die nuwe insig wat Hy gee,
waag ek dan bewerige treë
en vind moed in die donker plek
wat my in depressie in wou trek.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 21 September 2018

Klop-klop


Ek wonder wie staan by die deur
en klop so aan my hart se seer.
Ek wonder of ek moet oopmaak
en hom innooi in die teer saak.
Miskien moet ek die kans maar waag
want my eie kragte lê bra laag.
Miskien as hy na binnekom,
sal hy my met wysheid kan verstom.

Ek maak die deur oop op 'n skreef,
want bang is in my ingeleef
en ek het nie meer hoop of moed,
maar glo makliker in sleg as goed.
Die Man op die drumpel verbaas my,
ek het nie verwag om Hom hier te kry;
ek het gedink Hy sou van my vergeet
aangesien Hy alles oor my weet.

Hy vra of Hy kan binnekom
en ek nooi Hom in, steeds verstom.
In Sy hande is 'n waterbak
waarmee Hy op Sy knieë neersak.
Hy vra my om rustig terug te leun
wyl Hy my met 'n voetwas seën
en toe ek weer my woorde kry,
vind ek my van my vuil bevry.

Ek kan getuig van veranderinge,
van vreugde, hoop en ander dinge,
van 'n lewens-ommekeer,
van nuut praat en dink en meer.
Maar eintlik wil ek jou net vra
of jy nie dinge het wat pla
en of jy nie ook Sy klop kan hoor?
Maak oop die deur! Begin weer voor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 19 September 2018

In my Vader se sorg


Ek het my Vader se hart gehoor
toe Hy my met sy minnelied bekoor,
toe Hy my sê Hy ken my naam
en dat Hy Hom nie vir my skaam.

Met my geboorte was Hy daar
saam met ander om die bed geskaar,
het Hy ook oor my vel gevryf,
trots op die kurwes van my lyf.

Hy ken my sit, my staan, my loop
en gee my moedeloosheid hoop,
Hy weet die goed wat ek bedink,
gee my 'n toekoms wat blink wink.

My Vader hoor ook as ek kla
en Hom vir ander dinge vra
as dit wat Hy my nou mee seën -
en somtyds kla ek steen en been.

Tog bly Hy steeds getrou aan my
al lyk dit asof ek swaar kry
So, gee ek vandag dan weer vir Hom,
wag dat Hy my met Homself verstom.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 17 September 2018

Stil gepraat


My mond word met 'n woord gesnoer
as jy alewig oor my rede boer,
as jou woorde oor my eie ploeg
asof ek denkeloos hier wroeg.

Tog, as jy jouself stil sou maak
kon ons twee praat oor elke saak
en dit van alkant saam bekyk
om te sien hoe dinge werklik lyk.

Maar nou stoomroller jy maar aan
in jou monologiese bestaan
waar my verstand geen gewig dra
en jy nie na my mening vra.

Dus, verskoon my as ek loop
en jou van jou gehoor kaal stroop,
want waar my woord nie waarde kry,
het ek geen rede om te bly.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 15 September 2018

Die stoompot


Die prutpot raas en sus en stoom
wyl die reuk die huis deurstroom,
geure van lekker bredie-sop
wat my honger laat inskop.

So prut dit ook wanneer ek dink
oor dinge wat eers laat insink,
wat ek keer op keer maar weer probeer,
want dis te taai om te verteer.

Uiteindelik word die vesels sag
en senings verloor ook hulle krag.
So word herinneringe ook weer teer
en maak gedagtes nie meer seer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 13 September 2018

Sonde met die bure


Ek het 'n buurman wat my vreeslik pla
Hy kan hom Saterdae so sleg gedra
Dan loop hy kaallyf in die tuin
terwyl die sonlig op hom skyn.
Hoe moet 'n vrouehart dit hou
as jy weet die man bibber van die kou?
Jy haas jou om gou koffie in te skink
sodat die man iets warms sal kan drink.
Wyl jul dan oor koeitjies en kalfies praat,
vra jy hom dan ook vir bietjie raad
met een of ander ding wat tuis jou pla
en dan bied hy hulp aan sonder dat jy vra!

Ek had 'n buurman wat my vreeslik pla,
maar anderdag het hy my hand gevra!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 11 September 2018

Murasie


Die son se strale breek al deur
die barste wat die mure skeur.
Gister se huis staan nou verlaat
verwerp deur erfling en nasaat.
As dit net die huis sou wees
was daar geen rede om te vrees,
want dit is net 'n bar, leë dop
vanwaar die lewe kan afskop.
Maar die huis is bloot net 'n simptoon
van hulle wat nie meer hier woon;
die mure bars van harde woorde
en die mense spat in alle oorde.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 9 September 2018

Oor bytjies en blommetjies


Ek dans op die maat van 'n vals snaar,
wals op die klank van 'n hol kitaar,
as jy jou minnelied vir my sing
staan ek nie alleen in die spot-kring.

Soos 'n by gaan jy van blom to blom,
en jou waagmoed laat my skoon verstom
ek wens ek kon tot diep in jou kyk;
en weet hoe verwronge dit daar lyk.

Maak dan dat jy eerder hier padgee
voor my kaalkop woorde jou uitvee.
Van jou ego sal nie veel oorbly
as jy bluf en glo jy kan my kry.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 7 September 2018

Ma-wees


Bring die borsel na jou tande
en dan was jy ook jou hande,
dan gaan kam jy ook jou hare,
want jy lyk nog deur die blare.”

Ma-wees laat jou dinge doen
wat jy nie met jouself versoen,
soos om snotneuse af te vee,
of herhalend te sê “A, B, C...”

Maar ma-wees gaan oor soveel meer,
dit troos ook elke kinder-seer,
dit juig oor elke klein mylpaal
en vorm 'n nuwe mens-verhaal.

Soms wonder ek wat bly oor van my
en of ek nog menswaardig bly,
maar dan vou klein handjies om my nek
en plak taai soene op my bek,
en dan besef ek ek is glad nie spyt
oor hierdie kosbare grootwordtyd.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 5 September 2018

Storietyd


In die aand, in my bed
begin die dag se grootste pret,
want dan bring Ma die boeke uit
en klim ons in die storie-skuit.

Ma lees van 'n draak en 'n ridder
en ek word so benoud dat ek wil sidder,
maar later is dit tyd vir ‘n UFO
en die ruimteman se tweevinger-klou.

Op 'n ander aand leer ken ek 'n meermin
met 'n kleurryke stert en 'n baie groot vin,
maar dan is dit tyd vir die feëprinses
wat telkens in die sop land, al doen sy haar bes.

Op ons reise deur die blaaie van die boek
het ons ook nog 'n seerower opgesoek.
Met sy buit êrens op 'n eiland versteek,
moes ons eers deur die kaart se kode breek.

Ons reise neem ons verby ruimte en tyd,
soms fluister ons sag, of skreeu lekker luid,
maar ek weet as ek vanaand bed toe gaan,
word ek weer deel van 'n helde-bestaan.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 3 September 2018

Op 'n sandduin


Neergesit op 'n hoë sandduin,
het ek gewens om te verdwyn,
om in die sandkors weg te raak
tot waar die lewe nie meer traak.

Tog wou die sand net nie meegee
al het ek dit om my weggevee;
uiteindelik was ek te uitgeput
en het moedeloos net daar bly sit.

Toe kom 'n wind en begin so waai
dat hy alles om my met sand besaai,
maar toe die wind uiteindelik bedaar,
kon ek alleen in verwondering staar.

Die wêreld om my het anders gelyk
en ek moes dit van nuuts af bekyk,
versteek onder die sand, was 'n rots
en hierteen het ek elke keer gebots.

Het jy gesnap die wind was die Gees
en die sand was my eie ek gewees,
en Jesus self was die ewige rots,
waarteen ek elke keer moes bots?

My eie gespook het my moeg gemaak
en ek moes eers my gespartel staak,
voor die Gees my van myself kon stroop
om my te wys Wie is die bron van hoop.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 1 September 2018

In God se sorg


Ek wens ek kon sien uit God se oë
dan was dit dalk maklik om te glo
en dan het ek ook presies geweet
wat is die doel van pyn en leed

Maar 'n kind het selde die wyse insig
om te verstaan wat sy lewe ontwrig,
hy weet maar net dat dinge gebeur
wat sy bestaan se ritme versteur

Die ding wat kind van grootmens skei
is die verantwoordelikhede wat hy kry
om met die grootmenslewe om te gaan
en selfstandig sy eie weg te baan

Daar is dinge wat ek en jy moet doen
en daarmee moet ons onsself versoen,
maar vir ander goed het ons geen raad
en dit moet ons eerder by ons Vader laat

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...