Search This Blog

Thursday, 13 September 2018

Sonde met die bure

Ek het 'n buurman wat my vreeslik pla
Hy kan hom Saterdae so sleg gedra
Dan loop hy kaallyf in die tuin
terwyl die sonlig op hom skyn.
Hoe moet 'n vrouehart dit hou
as jy weet die man bibber van die kou?
Jy haas jou om gou koffie in te skink
sodat die man iets warms sal kan drink.
Wyl jul dan oor koeitjies en kalfies praat,
vra jy hom dan ook vir bietjie raad
met een of ander ding wat tuis jou pla
en dan bied hy hulp aan sonder dat jy vra!

Ek had 'n buurman wat my vreeslik pla,
maar anderdag het hy my hand gevra!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday, 11 September 2018

Murasie

Die son se strale breek al deur
die barste wat die mure skeur.
Gister se huis staan nou verlaat
verwerp deur erfling en nasaat.
As dit net die huis sou wees
was daar geen rede om te vrees,
want dit is net 'n bar, leë dop
vanwaar die lewe kan afskop.
Maar die huis is bloot net 'n simptoon
van hulle wat nie meer hier woon;
die mure bars van harde woorde
en die mense spat in alle oorde.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday, 9 September 2018

Oor bytjies en blommetjies

Ek dans op die maat van 'n vals snaar,
wals op die klank van 'n hol kitaar,
as jy jou minnelied vir my sing
staan ek nie alleen in die spot-kring.

Soos 'n by gaan jy van blom to blom,
en jou waagmoed laat my skoon verstom
ek wens ek kon tot diep in jou kyk;
en weet hoe verwronge dit daar lyk.

Maak dan dat jy eerder hier padgee
voor my kaalkop woorde jou uitvee.
Van jou ego sal nie veel oorbly
as jy bluf en glo jy kan my kry.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday, 7 September 2018

Ma-wees

Bring die borsel na jou tande
en dan was jy ook jou hande,
dan gaan kam jy ook jou hare,
want jy lyk nog deur die blare.”

Ma-wees laat jou dinge doen
wat jy nie met jouself versoen,
soos om snotneuse af te vee,
of herhalend te sê “A, B, C...”

Maar ma-wees gaan oor soveel meer,
dit troos ook elke kinder-seer,
dit juig oor elke klein mylpaal
en vorm 'n nuwe mens-verhaal.

Soms wonder ek wat bly oor van my
en of ek nog menswaardig bly,
maar dan vou klein handjies om my nek
en plak taai soene op my bek,
en dan besef ek ek is glad nie spyt
oor hierdie kosbare grootwordtyd.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday, 5 September 2018

Storietyd

In die aand, in my bed
begin die dag se grootste pret,
want dan bring Ma die boeke uit
en klim ons in die storie-skuit.

Ma lees van 'n draak en 'n ridder
en ek word so benoud dat ek wil sidder,
maar later is dit tyd vir ‘n UFO
en die ruimteman se tweevinger-klou.

Op 'n ander aand leer ken ek 'n meermin
met 'n kleurryke stert en 'n baie groot vin,
maar dan is dit tyd vir die feëprinses
wat telkens in die sop land, al doen sy haar bes.

Op ons reise deur die blaaie van die boek
het ons ook nog 'n seerower opgesoek.
Met sy buit êrens op 'n eiland versteek,
moes ons eers deur die kaart se kode breek.

Ons reise neem ons verby ruimte en tyd,
soms fluister ons sag, of skreeu lekker luid,
maar ek weet as ek vanaand bed toe gaan,
word ek weer deel van 'n helde-bestaan.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday, 3 September 2018

Op 'n sandduin

Neergesit op 'n hoë sandduin,
het ek gewens om te verdwyn,
om in die sandkors weg te raak
tot waar die lewe nie meer traak.

Tog wou die sand net nie meegee
al het ek dit om my weggevee;
uiteindelik was ek te uitgeput
en het moedeloos net daar bly sit.

Toe kom 'n wind en begin so waai
dat hy alles om my met sand besaai,
maar toe die wind uiteindelik bedaar,
kon ek alleen in verwondering staar.

Die wêreld om my het anders gelyk
en ek moes dit van nuuts af bekyk,
versteek onder die sand, was 'n rots
en hierteen het ek elke keer gebots.

Het jy gesnap die wind was die Gees
en die sand was my eie ek gewees,
en Jesus self was die ewige rots,
waarteen ek elke keer moes bots?

My eie gespook het my moeg gemaak
en ek moes eers my gespartel staak,
voor die Gees my van myself kon stroop
om my te wys Wie is die bron van hoop.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday, 1 September 2018

In God se sorg

Ek wens ek kon sien uit God se oë
dan was dit dalk maklik om te glo
en dan het ek ook presies geweet
wat is die doel van pyn en leed

Maar 'n kind het selde die wyse insig
om te verstaan wat sy lewe ontwrig,
hy weet maar net dat dinge gebeur
wat sy bestaan se ritme versteur

Die ding wat kind van grootmens skei
is die verantwoordelikhede wat hy kry
om met die grootmenslewe om te gaan
en selfstandig sy eie weg te baan

Daar is dinge wat ek en jy moet doen
en daarmee moet ons onsself versoen,
maar vir ander goed het ons geen raad
en dit moet ons eerder by ons Vader laat

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...