Search This Blog

Monday, 23 August 2021

Skilpad-gang


Skilpad staan ek in my dop,
klipkop wat die lewe fop,
stadig op my eie gang,
onverstoord deur bang-gesang.

Skilpad loop ek op my pad
betree die dag in lae rat,
haas my nie na dit wat pla,
vermy die onnodige vrae.

Skilpad kruip ek lekker weg
van alles wat ek dink is sleg,
en wanneer dinge weer mooi raak,
gaan ek voort met my dagtaak.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday, 22 August 2021

Kinderhawe


Met die intrap het my hart gestop,
maar die indruk sit nog in my kop;
dit was 'n tyd van ewigheid
en ek is my onkunde kwyt.

Kindwees moes mos nooit so lyk,
so sonder hoop of eerlikheid,
so van als naïf gestroop,
so asof liefde nie daar loop.

Wantroue, kil en koud apart,
wys hul vir my 'n harde hart,
maar lyfies is steeds broos en klein
al het hul onskuld reeds verdwyn.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday, 21 August 2021

Vroue-tapyt


Ek rol 'n tapyt van vroue oop
waaroor die wêreld voetstoots loop,
geen tyd om na hul af te kyk
en te sien hoe diep die trap induik.

Die vroue lê vermink, gekneus
'n skadu van wat hul eens kon wees,
maar een-vir-een gee ek hul my hand
en vee die hare uit hul verstand.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday, 20 August 2021

Agter geslote deure


Wanneer woorde faal
en stilte draal
is dit dalk tyd
om die oë te sluit,
en dinge na ons God te bring
wat in ons woordeskat indring.

Daar is so baie wat ons hoor
en mense kry die wind van voor,
maar ons Vader weet
van al ons leed
en te midde van onveiligheid,
bly Sy wil steeds onverstuit.

Petrus se deure was gesluit
met planke voor die ope ruit
waar hy die Jode wou ontvlug,
maar ook sy Goddelike plig,
toe Jesus daar aan hom verskyn
en maan om nie net te verdwyn.

Ons kan nie dat ons vrees ons keer
om God se woorde te probeer;
wanneer Hy sê dat Hy sal sorg,
is dit 'n beduidende waarborg,
en dan kan ons dit na buite waag,
want in Hom sal ons planne slaag.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday, 18 August 2021

Swart Jan


Vandag moet ek my woorde tel
want idees het in my opgewel
wat ek sukkel om binne te hou,
want eintlik hou ek nie van jou.

Sleg as mens polite moet wees
as jy so bots met iemand se gees
dat jy voel dit gaan jou onderkry
as jy een oomblik langer bly.

As ek die ding ondersoek,
vind ek dis omdat jy vloek
en dan drink jou ook te veel,
met negatiwiteit wat my verveel.

Ek het vreeslik hard probeer
om dit alles te hanteer,
maar toe’s jy ook nog 'n rassis;
dit het al my goedheid uitgewis.

Ek wonder of jy enigeen respekteer,
van medemens, tot ons liewe Heer,
oor elkeen eien jy vrye sê
en het jy 'n eiertjie te lê.

Nee wat, meneer, gaan maar jou gang
met jou pikgesmeerde galgesang;
ek kies om eerder vry te leef
van hul wat wrokke nie vergeef.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday, 14 August 2021

Skandeloos


Met jou menswees oopgebreek
oopgespalk en opgeneuk
staan jy sonder skand of skroom
staan jy sonder voorgee-vroom.

Daar is 'n kind in jou wat vra
wat moeder, oupa wil aankla
wat toe-oog wens dit was nie waar
maar te veel weet want sy was daar.

Maar daardie mens met al haar pyn
het nie in die niet verdwyn
sy’t haar vere een-een reg geruk
bou stuk vir stuk aan haar geluk.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday, 13 August 2021

Ek tolerate jou


jy met jou opinies onvanpas
jy met jou intolerances
vir jou wil ek sê
ek tolerate jou

jy wat kleur bo mense verkies
jy wat taal soos 'n mes gebruik
jy wat godsdiens langs fairy tales pak
vir jou wil ek sê
ek tolerate jou

die hele lewe is nie water en olie nie
soms meng swart en wit en gee my pienk
soos 'n surprise packet
soos wanneer ek wysheid vind in jou
wie sou dit ooit verwag

en daarom tolerate ek jou
want daar is hoop

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...