Search This Blog

Sunday, 9 December 2018

Ruïnes


Hier dwaal ek weer in die ruïnes rond
op 'n warm pad van klip en grond
waar mense lag en traan gestort
nou deel van hierdie aarde word.

Die klippe hoor my as ek roep
na skimme sittend op die stoep,
na kinders spelend in die tuin
al het hul vorm reeds verdwyn.

Hoe vlugtig die lewe van ons hoop,
hoe word ons van daai hoop gestroop,
hoe tydelik die goed waaroor ons kwel,
hoe min bly oor om te vertel.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...