Search This Blog

Monday, 21 May 2018

Fokus


Vandag is al my woorde op
maar dit kry nie my kop gestop
Eintlik probeer ek net vermy
die saak wat my wil onderkry.
So, laat my dan maar nonsens praat
en hoop dit hou my uit die kwaad,
want hierdie ewige tobbery
lyk of dit nooit gaan einde kry.
Vanoggend hoor ek stories wat my kwel
en my kop wil hom hieroor laat ontstel.
Tog dra die goeie meer gewig
as die stories wat my so ontstig.
Dus, skuif ek my fokus met bedag
om die goeie van nader te betrag,
en vermy ek die slegte opsetlik
voor dit my in sy stank verstik.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...