Search This Blog

Friday, 25 May 2018

Onthou


Dit voel of jy my woorde steel
want jy is in elke enkele reel
waarmee ek woorde vas wil vang
om in my woorde-huis te hang.

So sit jou onthou ook in my kop
want jy het knus daar nes geskrop
en jou daar heerlik tuisgemaak
sodat elke dink jou lyf aanraak.

Jou eie-geid raak ook my hart
waar jy my guitig sit en tart
wyl ek blomblaar met jou speel
oor of dit liefde is, of net verbeel.

Ek sou daar glad nie voor omgee
as ek kon weet of ons altwee
met hierdie stout gedagtes loop,
wat ons twee aan mekaar vasknoop.

Tog is weet my nie vandag beskore,
worstel ek steeds met binne-kore
wat een oomblik vas in liefde glo
net om daarna te reken dis nie so.

Dan moet ek deur herinneringe sif
om te sien wat’s waar, en wat slegs bluf,
in die kort tye van ons samesyn,
voor daai onthou vergeet verdwyn.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...