Search This Blog

Sunday, 5 July 2020

Vadershulp


O Vader, hoor my hart!
Nader tot my in my smart.
U ken die seer in my gemoed
en ken die bron waarop dit voed.

O Vader, hoor my hart se pyn,
en gee dat dit ook sal verdwyn.
Maak my stukkend-wees weer heel
voor dit meer van my kom steel.

O Vader, mense hou hul doof,
dink ek praat uit ongeloof,
hul weet nie dat ek steeds nog ly
en dat hierdie my steeds onderkry.

O Vader, net U kan my help,
uit hierdie ding wat my oorstelp.
Ek weet nie hoe om aan te gaan,
maar ek weet dat U sal verstaan.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...