Search This Blog

Tuesday, 19 June 2018

Die pas van afskeid


Sal hierdie dag se sonnestraal
jou beeld uit my gedagtes haal,
of sal die sagtheid van die maan
herinneringe kan laat taan?

Ek noop my hart om te vergeet,
dwing my kop na beter weet,
maar beide kop en hart se mag
hou hul doof vir my wilskrag.

Afsny, doodmaak en uitwis,
het met oombliklikheid vergis.
Party goed loop teen eie spoed
al beur jy ook al hoe verwoed.

So het afskied ook sy eie tyd
en die pas daarvan is onvermyd
Dit baat nie om jou te verset
teen 'n selfopgemaakte bed.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...