Search This Blog

Sunday, 17 June 2018

Sewe Sakke Sout


Wie ken my in my lewensleed
wat seerkry nie gerieflik vergeet
maar gister se onthou vas kan kyk
met oë wat nie van pyn wegwyk?

Die meeste skuifel in hul ongemak,
wil my gesprek van pyn vertak,
maar ek het nodig om nog hier te bly,
om te weet jy weet, dat ek seerkry.

As jy my in my seerplek kan ontmoet
sonder om weg te skram van sielebloed,
dan kan ek jou dalk begin vertrou
en glo dat jy van my geheel-mens hou.

Hierdie vlees bestaan nie net uit lag
met hoop dat als wat mooi is wag,
diè mens kan ook na binne kneus,
besef dat slegte dinge ook sal wees.

So, as jy op my lewenspad wil loop
moet jy verstaan van geloof en hoop
wat verby vandag se seer kan kyk
en glo dat dinge weer gesond sal lyk.

Tog moet jy nie vandag se seer misken
deur die lewe se goeie kant verwen,
maar vind my hier in hierdie dag,
want wie weet wat môre op ons wag?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...