Search This Blog

Thursday 25 October 2018

Gebed vir ongelowiges


Voor die son vanaand gaan sak
kom staan ek met my hande bak
en vra dat U weer sal voorsien
uit genade, nie omdat ek dit verdien.

U weet dat ek afhanklik bly
van elke Woord wat ek by U kry,
want elke hartklop en asemteug
is sonder U gestroop van deug.

Ek vra dat U my op sal rig
en my sal wys wat is my plig,
dat U my ook bereid sal maak
om hul te help wat U versaak.

Ons glo nie meer almal in U nie
en dis 'n hartseer storie die,
maar dan kom ek en pleit by U
dat U nie op ons opgee nie.

Vader, ons is so wys in eie oë;
maak maklik iets op om in te glo.
Ek vra dat U Uself sal toon
aan elkeen wat hierdie aarde bewoon.

Ek weet U is steeds aan die gang
en dat ons bestaan steeds van U afhang,
tog werk U in liefde en nie met vrees -
as ons tog net van U bewus wou wees!

Ek lê elke mens vandag voor U oë,
insluitend hulle wat nie in U glo,
ontferm U oor hulle verstand
en werk nuwe kennis vir hul aan die hand.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 23 October 2018

Ribboklam


Vader, hierdie ribbok het gefaal
om die hoë hoogtes te kon haal.
Ek voel te swaar om dit te klim,
dit lyk te hoog, ek is te slim.
Ek ken mos my beperkinge
en weet ek leef nie in daai kringe.
Dus, moet dit nie van my verwag
om berge te klim in eie krag.

My Vader lag van oor tot oor,
Hy’t hierdie storie reeds gehoor.
Hy lig my op met Sy vinger se punt
en laat my voete die hoogtes vind.
Vader, U ribbok-kind het geleer
dis die moeite werd om in U te probeer.
In my eie krag kan ek maklik faal,
maar daar’s nêrens waar U my nie uit sal haal.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 21 October 2018

Beskikbaar


Vader, hierdie dag se dink en praat
wil ek baie graag aan U oorlaat.
Wanneer ek dit self beheer,
sien ek ek maak mense seer.
Keer dus my woord nog voor dit uit,
nog beter as U my denke stuit.
Laat wat ek dink en doen en sê
U stempel van goedkeuring hê.
Neem dan ook my hande, Heer
en lê U werke in hul neer.
Rig my voete op U pad,
dat dit my na U doel toe vat.
My hart, my siel gee ek aan U
en skrik nie vir emosie nie;
laat daar 'n traan rol as U wil,
as dit sal help om pyn te stil.
Maar bowe al, my liewe Heer,
stel ek my gees onder U beheer,
want as U Gees my gees versterk,
dan word my doen 'n wonderwerk.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 17 October 2018

Leer van leed


My Vader, kan ek by U leer
van menseleed en hul hartseer,
want in myself is ek beperk,
soek uitkoms in 'n wonderwerk

Maar soms dan moet ons maar daardeur
al maak die goed ons vreeslik seer
want dis hoe ons karakter kry
en van ons selfbelang bevry

Leer my dan dit wat ek moet weet
oor mense-lief en ook hul leed
en gee my dan meer empatie
sodat ek hul nie miskyk nie

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 15 October 2018

Sout vriende


Vir elke vriend wat mens verloor,
begin 'n nuwe een van voor,
is daar iemand wat jou weer heel
en hartseer uit jou lewe streel.

Ou vriende kleef ook soos 'n neet
en kry jou sommer vinnig beet
as jy dalkies bietjie skeef wil trap;
sorg dat jy die regte ding weer snap.

Vir al my vriende, nuut en oud,
jul is vir my so goed soos sout;
jul gee die lewe smaak en geur -
jul moet weet dat ek dit waardeer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 13 October 2018

Wors-wees


Heelhuids word ons ingeprop
in die meule van die mensdom -
fyngemaal en ingestop
mond gesnoer, totaal verstom.
Derms ryg ons dolleeg uit
en stop dit met herskepte vlees
sonder dink oor wie ons uitbuit -
en wie hul eintlik sou kon wees.
Worsmasjien van mense-genade
was jou hande nie in onskuld
want jy doen jou eie menswees skade
omring deur wors-mens – onvervuld.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 11 October 2018

Die uitgesonderde


Wêreld, vandag moet jy my maar verskoon
want ek is moeg vir hulle wat jou bewoon,
vir hulle wat my fyn en flenters trap
en dan onsmaaklik lag vir hulle grap.

Hul maak asof ek geheel waardeloos is,
maar in dit is hulle in geheel misgis,
want my waarde lê nie verskuil in hulle oë
en het niks te doen met wat hul oor my glo.

God het my waardevol verklaar
die dag toe Hy my aan Sy kant skaar,
en my klee met 'n kleed aan Hom verbind
en 'n vaandel wat sê Hy’s my goedgesind.

As jul my dus nie herken as een van jul soort,
is dit dalk omdat ek nie meer by jul hoort,
maar dan is die klag nie teen my gerig,
maar teen jul wat my uitlag in God se gesig!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 7 October 2018

Ooswind


Die Ooswind se waai verwarm die baai
keer die baaienaarse se oë terug na die kaai
bring die son na die see om dit lewe te gee
na die vis wat hul voed uit die plat-kalm see.

Maar die see se gemoed is nie te vertrou,
soos die liefde van 'n wanhopige vrou
wat dag vir dag na haar minnaar smag
sonder om te weet wat om te verwag.

Kom Ooswind, waai, en waai my skoon
waai al die dink wat in my woon,
waai dit van hier tot in die see
en laat staan my dan so skoongevee.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 5 October 2018

'n Veldles


Wanneer ek die veld so loop en kyk
en sien hoe mooi die wêreld lyk,
hoe alles op die regte tyd gebeur
en al die dood na leef terugkeer,
dan kom ek weer voor die besef
dat u my van die las onthef
om elke aspek te wil rig
in selfopgelegde mense-plig.

Wanneer die blommeprag ontluik
en veelkleuring op die velde pryk,
sonder sorg oor môre se dag
en wat moontlik dan op hulle wag,
dan weet ek U is in beheer
en laat U nie deur mense steur,
dat dinge op U tyd sal gebeur,
dat vandag se sorge ook verweer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 3 October 2018

Lofsang


O Here, hoor my liefdeslied
wat ek in lofsang aan U bied
Hoor hoe my hart U lof besing
wat aan ons die uitkoms bring.

Wie sou verstaan of kon bepaal
waarom dinge soms so draal?
Tog weet ons U is in beheer
en vind ons troos in dit, o Heer.

Wanneer die vyand om ons dring
en ons geloof met vrees verwring,
dan skep ons moed in U nabye Gees
en verdryf ook hierdie helse vrees.

As siekte of die dood ons tref,
dan staan ons voor die diep besef
dat alles maar net tydelik is
en word ons weer van U bewus.

Vandag kom lê ek my voor U
want ek het geen ander gode nie;
aan U het ek my uitverkoop
en van my eie-ek gestroop.

Ek hef my lofsang in gebed
na U wat my en ander mense red,
ek bring aan U die lof en eer
en weet U hoor my, liewe Heer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 1 October 2018

God sê wag!


Vader, dis al baie jare wat ek vra
en elke keer dan sê U ja,
en tog het daar nog niks gebeur,
maar niks kan ook die vrede steur.

Dus, Vader, kom ek weer U pla
vir 'n antwoord wat meer sê as ja,
as ek net weet waarom ek wag,
berus ek dalk maar nog 'n slag.

Maar nou onthou ek iets van U
U steur U nie aan fieterjasies nie;
daai klein goedjies wat my so pla,
kan U met groot geduld verdra.

Is dit waarom U die tyd verwyl?
Is die oes nog groen, al lyk dit geil?
Is alles dalk nog nie in plek
waaroor ek my mond so groot ooprek?

Dat U beter weet is eenmaal waar,
dit het ek herhaaldelik verklaar.
Dus, pak ek my ongeduld maar weg
en wag dat U my saak besleg.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...