Search This Blog

Friday 22 March 2019

Onkruid tussen die saad


In 'n lang Stefanus relaas
sal ek my nie deur woorde haas,
maar die ding by sy stert begin
om dit dan na die lig toe bring.

Soms moet mens in tyd terugstap,
òm slaggate en myne trap,
voordat jy mooi weet wat gebeur
en wat’s dit wat progressie keer.

Dis eers met terugkyk dat jy sien
hoe jy nie maai wat jy verdien,
maar ander saad het stink kom lê
by al die goed wat jy wou hê.

Maak skoon die land waarin jy leef,
probeer na hoër dinge streef,
maak oop jou kop, kry reg jou dink,
voor jy in eie vrot verdrink.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 16 March 2019

Woordkeuses


As jy gif met woorde saai,
sal jy dooie mense maai,
sal jy nie gelukkig wees,
sal mense mos jou altyd vrees.

As jou woorde vriendelik is,
sal jy vind mense is lus
om meer kere jou te hoor,
omdat jou woorde hul bekoor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 12 March 2019

As padda manel dra


Wat 'n sinlose betoog
hoor ek vandag van die verhoog
waar landsleiers selfgeregtig staan
en ander tot verpligting maan.

Maar self sal hul nie vinger lig
om die swaar lading te verlig.
Hul staan eerder en vinger swaai
na ander wat die land verraai.

En tog as hul die spieël bekyk
sal hul weet hoe 'n verraaier lyk,
want hy wat lei moet plan kan maak
en nie net kwaak oor elke saak.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 8 March 2019

Gewaagde liefde


My vel het mos 'n harde kors
van al die mense wat daar mors
en tog maak dit my glad nie bang
oor wat hul nog daar aan wil vang.

Die mense om my is bra traag
om hul in liefde in te waag;
hul keer veel eerder in hul dop
waar hul 'n eie lewe skrop.

Maar, o my! wat is daar te wen
as ons mekaar eers werklik ken
en waag om met mekaar te praat
en lief te hê verby ons haat!

Dus kry vir jou ook maar 'n kors,
want hierdie wêreld is dor dors
en smag na hul wat liefde bied
al kan hul dit slegs lomp geniet.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 5 March 2019

Paradys-bestaan


Was ek maar in die paradys,
sonder kledingstuk of huis,
onbewus van hierdie plaag
wat mens daagliks werk toe jaag.

Daar bestaan nie hierdie vloek
van altyd nuwe dinge soek,
na groter, beter, en na meer;
'n vloed wat bruis buite beheer.

Daar sou ek dalk vrede ken
en nie die heeltyd smag na wen,
daar sou ek dalk rus kon vind
van al die goed wat my vasbind.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 1 March 2019

Eiesinnige nuuskierigheid


Haai volstruisie met jou lange nek,
waarom hou jy nie jou bek?
Waarom bekyk jy elk denkbare plek
met jou yslik lange nek?

Volstruis, steek weg jou kleine kop
voor jy nog geraas opskop,
jou wil-weet steek my in die krop,
en jy’t die toets alreeds gedop.

Vee jou vlerke oor die sand
waar jy jou geloof verpand,
vat volstruisveer in die hand
en gaan soek vir jou 'n ander land.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...