Search This Blog

Saturday 31 August 2019

Dawid


Is daar iets by Dawid te leer,
die man wat leeu en beer verskeur,
wat 'n reus met net 'n klip benader,
wat onwrikbaar glo in God, sy Vader?

Aan moed het dit hom nooit ontbreek,
hy’t telkens gewys wat in hom steek,
nie eens vir die Filistyne was hy bang,
of vir die koning wat hom wou vang.

Maar soveel moed maak jou arrogant,
en dit bedreig jou geestestoestand,
want Dawid kon net mooi alles kry,
maar sekere goed moes hy liewer vermy.

Batseba was 'n ander ou se vrou,
maar Dawid wou konsuis met haar trou,
al kos dit ook dan haar man se dood,
gee hy nie om – sy ego was groot.

As dit die einde van die verhaal moes wees,
sou ons vinniger oor Dawid se storie lees,
maar daar’s soveel meer om uit te sonder
oor hierdie man wat ons so bewonder.

Gekonfronteer met sy sonde, het Dawid bely
en vir dae lank kon jy hom nie te siene kry.
Hy’t gebid, gepleit en trane gestort,
in die proses 'n beter mens geword.

Arrogansie het in nederigheid omgekeer,
en dis die ding wat ons hieruit kan leer -
as ons sonde bely, en voor God ons verlaag,
sal Hy ons ophef soos dit Hom behaag.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 27 August 2019

Verhouding bou


Ek wonder wat sou God verwag,
wat staan my te doen vandag,
ek wonder wat sou Jesus sê,
of wat sou Hy van my wou hê.

Ek wonder en ek vra die vrae,
terwyl ek my soos ek gedra,
nie moeite doen om uit te vind,
tevrede, want ek is ‘God se kind.’

“Ek dink nie God sou dit of dat...”
laat ek my dink oor mense spat,
terwyl Hy reeds geantwoord het,
as ek net fyner sou oplet.

Dus, pak ek my gedagtes weg
en hoor by Hom wat’s reg of sleg,
want Hy het Sy Woord by ons gelaat,
sodat ons Hom steeds kan hoor praat.

Die Gees beitel my denke vir my oop
en help my om myself te stroop,
sodat ek God se stem kan hoor
in die Bybel, en my oor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 24 August 2019

My taal is nie altyd PC nie


My taal het hom lank uitgerek,
na ander tale uitgestrek,
met ander tale maats gemaak
asof sy egtheid hom nie traak.

My taal het op eie bene vas gestaan
en lank geleef onder die waan
dat hy in isolasie sou kon bly
wyl slegs puriste na hom vry.

Maar toe loer my taal mos oor die deur
na alles wat daar buitekant gebeur
en toe my taal sy kop uitsteek,
het hy homself heel gou verneuk.

My taal se woordeskat getuig
dat hy voor verandering moes buig;
aanneemkinders moes invat
op sy breër lewenspad.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 19 August 2019

Die droom


Die droom het nie wakker geruk nie
net stadig en sag ontwaak
sy tyd gevat om op te staan
en toe eers begin om saak te maak.

Die droom het in my kop geoefen
om sy kragte op te bou
en toe die droom sy vorm kry
toe weet ek dis vir nou

Toe die droom my daar kom kry
waar ek wegkruip tussen goed
toe maak die droom my denke los
van die dinge wat om my woed

Die droom trek skoene aan en stap
na 'n plek waar hy vlerke kan strek
toe klim ek op die droom se rug
en vertrek na 'n nuwe plek

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 15 August 2019

Vind jou rede


Wanneer mense deur jou lewe ploeg
sonder ag vir jou geswoeg,
geen gedagte aan jou saad
of aan dit wat hul agterlaat,
is dit tyd om op te staan
en hul jou kant te laat verstaan.

Vind jou rede, vind dit nou
sê jou sê heel snel en gou

Wanneer mense jou omwoel
soos 'n storm deur jou spoel
jou menswees in hul gang wegsleur
jou lewe uitmekaar kom skeur,
dan is dit tyd om woord te vind
om hulle magsdaad mee te bind.

Vind jou rede, vind dit nou
sê jou sê heel snel en gou

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...