Search This Blog

Monday 30 August 2021

Oogkontak


Ek wonder is daar nog 'n mens
wat met sy eie oog betoog
dit duidelik maak aan hierdie lens
dat hy van rondkyk hom moet soog.

'n Man soos Job, van toentertyd
wat op sy vrou gefokus het -
met doelgerigte standvastigheid
sy oog van rondkyk belet het.

Job moes 'n man van wysheid wees
om teen algmene gebruik te verset,
want as 'n mens bietjie wyer lees,
sien jy bigamie was nie belet.

Nou vra ek myself so in die loop
of ek my drange kan bedwing,
my van my eie belange stroop
om te bly by my gekose enkeling.

Daar is soveel hier rondom my
wat glo eie geluk neem eerste plek,
dat hul maklik 'n ander maat afvry
en na hul selfbelang uitstrek.

Job sou nie gesê het wat hy het
as daar nie ook versoekings was,
maar hy het sy eie oog belet
en van begeertes af verkas.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 29 August 2021

Platteland-gesellig


Vandag gaan ons weer lekker kook,
begin solank die vure stook,
laat die vlamme hoog opslaan,
ons werk lê als nog ongedaan.

Dis mos hoe ons bruilof hou,
as twee van ons afhaak en trou.
Ons kry die hele buurt byeen
en elkeen kom 'n handjie leen.

Hier op die platteland gaan dit nog so
al kan die stadsmense nie glo
dat jy en buurman nog kan kuier
tot die son uit die bed uit steier.

So, kry die plate opgewarm,
aan vriendskap is ons hier nie arm,
en kos sal jy in oorvloed kry,
waar jy en buurman nog saambly.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 28 August 2021

Lewe van lof


‘n Lewe van lofprysing en gebed
van gee met alles wat ek het,
van energie en geld en tyd,
in hierdie laaste dae eindstryd.

Ek kan nie wag om Hom te sien
wat ek my lewe lank al dien,
maar wanneer ek daar voor Hom staan,
wil ek my nie vir my beskaam.

Ek wil arms vol mense na Hom bring
wat Hom, soos ek, met lof besing;
mense wat Hom met lof vereer,
want ek het hul van Hom geleer.

Gee dat my lewe saak sal maak
vir meer as net my aardse taak,
gee dat my lewe lewens red,
dit is my begeerte en gebed.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 26 August 2021

God se woord staan vas


Die son in my gesig
en my rug op die wind,
weet ek verseker
ek’s die Koning se kind.
Soos ek stap deur die veld
sien ek die blomme juig -
veelkleurige bloeisels
wat van God getuig.

'n Jan Groentjie roep,
'n duif sit en koer,
'n akkedis skarrel weg,
sit my uit die bos en beloer.
Die branders breek rustig
die aard’ gaan sy gang
al sedert die Skepping
gebeur dit soos God verlang.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 25 August 2021

Who's the judge?


Somewhere in the distance
I can hear a roar,
there’s a mighty thunder
where the eagles soar.
Then a light emerges
from behind a cloud
and voices rise in singing
as praise is called out loud.
But then they all fall silent
in dumbstruck awe and fear
for upon that bright and luminous cloud
the Saviour of the world draws near.
In His hand He holds a book
for all who wish to see
if their names are written there,
for those have been set free.
But if their names could not be found,
what woe to follow near!
For those who did not love the Lord,
has reason for their fear.

There is still time for you and me
to run to God’s embrace;
He came to love, not judge the world -
the judge has your own face!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 24 August 2021

Kleur-keurig


Ek dink my grys gedagtes weg,
want wat ek dink maak alles sleg,
en daarom poog ek nog 'n slag
om wat ek ken nuut te betrag.

Ek fokus op die kleinste ding
wat lyk of ek dit kan besing,
en maak van dit 'n wonderwerk
waarmee ek my geloof versterk.

Ek kies om nie die grys te ken
wat soveel lewens om my wen,
maar tooi my dag geweldig rooi,
en dink my lewe vir my mooi.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 23 August 2021

Skilpad-gang


Skilpad staan ek in my dop,
klipkop wat die lewe fop,
stadig op my eie gang,
onverstoord deur bang-gesang.

Skilpad loop ek op my pad
betree die dag in lae rat,
haas my nie na dit wat pla,
vermy die onnodige vrae.

Skilpad kruip ek lekker weg
van alles wat ek dink is sleg,
en wanneer dinge weer mooi raak,
gaan ek voort met my dagtaak.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 22 August 2021

Kinderhawe


Met die intrap het my hart gestop,
maar die indruk sit nog in my kop;
dit was 'n tyd van ewigheid
en ek is my onkunde kwyt.

Kindwees moes mos nooit so lyk,
so sonder hoop of eerlikheid,
so van als naïf gestroop,
so asof liefde nie daar loop.

Wantroue, kil en koud apart,
wys hul vir my 'n harde hart,
maar lyfies is steeds broos en klein
al het hul onskuld reeds verdwyn.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 21 August 2021

Vroue-tapyt


Ek rol 'n tapyt van vroue oop
waaroor die wêreld voetstoots loop,
geen tyd om na hul af te kyk
en te sien hoe diep die trap induik.

Die vroue lê vermink, gekneus
'n skadu van wat hul eens kon wees,
maar een-vir-een gee ek hul my hand
en vee die hare uit hul verstand.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 20 August 2021

Agter geslote deure


Wanneer woorde faal
en stilte draal
is dit dalk tyd
om die oë te sluit,
en dinge na ons God te bring
wat in ons woordeskat indring.

Daar is so baie wat ons hoor
en mense kry die wind van voor,
maar ons Vader weet
van al ons leed
en te midde van onveiligheid,
bly Sy wil steeds onverstuit.

Petrus se deure was gesluit
met planke voor die ope ruit
waar hy die Jode wou ontvlug,
maar ook sy Goddelike plig,
toe Jesus daar aan hom verskyn
en maan om nie net te verdwyn.

Ons kan nie dat ons vrees ons keer
om God se woorde te probeer;
wanneer Hy sê dat Hy sal sorg,
is dit 'n beduidende waarborg,
en dan kan ons dit na buite waag,
want in Hom sal ons planne slaag.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 18 August 2021

Swart Jan


Vandag moet ek my woorde tel
want idees het in my opgewel
wat ek sukkel om binne te hou,
want eintlik hou ek nie van jou.

Sleg as mens polite moet wees
as jy so bots met iemand se gees
dat jy voel dit gaan jou onderkry
as jy een oomblik langer bly.

As ek die ding ondersoek,
vind ek dis omdat jy vloek
en dan drink jou ook te veel,
met negatiwiteit wat my verveel.

Ek het vreeslik hard probeer
om dit alles te hanteer,
maar toe’s jy ook nog 'n rassis;
dit het al my goedheid uitgewis.

Ek wonder of jy enigeen respekteer,
van medemens, tot ons liewe Heer,
oor elkeen eien jy vrye sê
en het jy 'n eiertjie te lê.

Nee wat, meneer, gaan maar jou gang
met jou pikgesmeerde galgesang;
ek kies om eerder vry te leef
van hul wat wrokke nie vergeef.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 14 August 2021

Skandeloos


Met jou menswees oopgebreek
oopgespalk en opgeneuk
staan jy sonder skand of skroom
staan jy sonder voorgee-vroom.

Daar is 'n kind in jou wat vra
wat moeder, oupa wil aankla
wat toe-oog wens dit was nie waar
maar te veel weet want sy was daar.

Maar daardie mens met al haar pyn
het nie in die niet verdwyn
sy’t haar vere een-een reg geruk
bou stuk vir stuk aan haar geluk.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 13 August 2021

Ek tolerate jou


jy met jou opinies onvanpas
jy met jou intolerances
vir jou wil ek sê
ek tolerate jou

jy wat kleur bo mense verkies
jy wat taal soos 'n mes gebruik
jy wat godsdiens langs fairy tales pak
vir jou wil ek sê
ek tolerate jou

die hele lewe is nie water en olie nie
soms meng swart en wit en gee my pienk
soos 'n surprise packet
soos wanneer ek wysheid vind in jou
wie sou dit ooit verwag

en daarom tolerate ek jou
want daar is hoop

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 12 August 2021

Mense-moeg


Vandag voel ek so bietjie mense-moeg;
moeg van almal se geswoeg,
almal klink so desperaat
wanneer hulle met my praat.

Dis krisis hier en paniek daar,
wat hul in die gesig moet staar,
maar as mens bietjie nader kyk
vind jy dit maklik om uit te stryk.

Die ding wat my die meeste pla
is dat mense hul so histeries kan gedra,
pleks van net rustig te ontleed
wat dit is wat hulle laat bloedsweet.

En dan kom laai hul dit op my
sodat ek ook bietjie stres moet kry.
Nee dankie, sê ek dan beslis -
jy soek op droë grond na 'n vis.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 11 August 2021

God gee rigting


Vandag se dag bring ek na U,
want ek ken nie die plek nie,
ek’t 'n nuwe pad wat ek moet loop
wat my so effe van my moed stroop.

Dus gee ek dit maar aan U oor,
wetend dat U my altyd hoor,
nog nooit het U my ooit gefaal,
of uit ellende my nie uitgehaal.

Solank U weet waarheen ons gaan,
gee ek nie om hoe loop die baan,
U’s in beheer en U moet lei,
want in U wil is waar ek wil bly.

Dus, Vader, gebruik dan hierdie ook
solank dit met U eie wil strook
en wys my wat U wil hê van my,
dan sal ek my selfs in my vrees verbly.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...