Search This Blog

Wednesday 10 June 2020

Woeste winde waai


Wilde winde waai my weg,
waai my goed of waai my sleg,
maar waai my tog net ver van hier,
want hier het ek nie meer plesier.

Wind, wat waai jy so verwoed,
wat is jou haas, waarom die spoed?
Die wind is vir die wêreld boos
en daarom blaas hy onverpoos.

Wind! Wind! waai vir my
tot daar waar niemand my weer kry,
tot daar waar ek geheel wegraak,
tot daar waar niemand meer saakmaak.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 9 June 2020

Obskure intensies


in hierdie dag se dowwe uur
met 'n trae horlosie teen die muur
wil my vrede nie terugkom
en laat my woorde my doof-stom

krap ek in meertalig’ woordeskat
kry ek geen woorde raakgevat
om wat my kop voel uit te spreek
of my hart se dink kort af te steek

woorde-mure, lettergreep-fondasies
maar daar is geen sement vir spasies
wat tussen die begrip kom lê
vir wat ek dink en voel en sê

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 8 June 2020

Ou skoene


Ek het my skoene moeg geloop,
hul van hul sole afgestroop,
maar watter vreugde het ek gehad
op elke enkele wandelpad.

Dis berge op en berge af,
die paadjies het ek kaf gedraf,
by elke blom en gog’ gestop
en hier en daar iets omgedop.

Hier buk ek laag, daar rek ek hoog
en somtyds staan ek krom geboog,
maar met elke ding wat ek bekyk
word my eie menswees meer verryk.

Ek sal my skoene moet laat staan,
maar self sal ek nog steeds voortgaan,
want daar’s nog paaie om te stap,
'n wêreld voor om plat te trap.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 7 June 2020

Honde-maat


Kyk dan die konsternasie nou
wat op jou gesig ontvou -
jy blaf en knor en lyk skoon vies,
dit was maar net 'n harde nies.

Jy snork dat hoor en sien vergaan,
lê en slaap as ek opstaan,
maar laat ek net my lyf neerlê,
dan spring jy op en sê jou sê!

Sit ons rustig saam en TV kyk,
kry ek snuf dat iets mos ruik!
Ek waai verwoes en trap jou uit,
maar jy steur jou nie een dooie duit.

Sou ek dalk 'n ruk weggaan
en keer dan terug met als gedaan,
kan ek welkom lees op jou gesig
en groet jy my oorywerig.

Ek tel maar op en maak maar skoon
waar ons twee saam die huis bewoon,
want stokke bly jy maar indra
al weet jy goed dat dit my pla.

Tog kla ek met my tong in kies,
want ek is tog nie regtig vies -
as jy hier knus teen my kom lê,
dan weet ek jy wil my ook hê.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday 6 June 2020

Ons Koning kom!


Op die wolke sal Hy kom
en Hy sal elke mens verstom
wanneer Hy weer terug sal keer
om in liefde te regeer.

Maar sy ryk is nie van hier,
Hy’s deur Sy Vader teruggestuur
om die gelowiges terug te vat
na 'n plek waar hul vry is van smart.

Op daardie dag sal almal juig
wat van Sy reddingskrag getuig,
gewillig, gereed om saam te gaan,
met Hom wat hul ken en reeds verstaan.

Ons Koning kom! Ons Koning kom!
Met redding vir die gans’ mensdom!
Dus, kry jou dink en doen nou reg,
dan neem Hy jou ook daai dag weg.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday 5 June 2020

Moordenaarsbaai


Die mis hang laag daar oor die baai
waar Jan die dag vir Piet verraai.
Die dag wat hul die vis loop vang,
het alles gebeur op Jan se aandrang.

Piet staan rustig met lyn in die see
toe 'n swaar klip hom teen die oor vee.
Sy verbasing was onaardig groot
voor hy in die see stort na sy dood.

Heel gou was Piet se weduwee getroos,
want Jan versorg haar en die kroos.
Heel gou is hy ook in haar bed
want hy’t haar uit die gemors gered.

Die dag toe staan die twee op trou,
dis nou Jan en oor’le Piet se vrou.
Maar toe die doom’ die ja-woord vra,
sê iemand daar’s nog iets wat pla.

Jan word wit, net soos 'n doek,
en begin naarstig’ na woorde soek,
maar al sy soek was puur verniet
want agter in die kerk staan Piet.

Moordenaarsbaai se bloedrooi sand,
was waar Piet die dag in die water land.
Of die storie waar is, kan ek nie raai,
maar so loop die storie in Hondeklipbaai.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday 4 June 2020

Innerlike stryd


Vanoggend voel my menswees broos,
kom soek ek by my Vader troos
Ek het die hele nag weer rondgerol,
my lakens inmekaar getol.

Nes ek dink ek’s met dit klaar,
dan staan dit weer reusagtig daar
en dan begin ek weer te hoop -
ek dog ek is daarvan gestroop.

Moet ek hoop en moet ek glo,
of is hierdie ding dalk nie van bo?
Is dit iets wat ek eerder moet vermy,
iets wat my nog seerder sal laat kry?

Ek wens ek kon die antwoord weet,
moet ek onthou, of eerder vergeet
moet ek daarvoor bid, of eerder daarteen -
'n blik in die toekoms kan klaarheid verleen

My Vader staan buite plek en tyd
en by Hom is daar nie eensydigheid,
dus gee ek dit weereens aan Hom oor
en vra wat hou Sy wil vir my in stoor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday 3 June 2020

Kontreitaal


Komaan mense! Gee gehoor.
Kom leen my elke leë oor.
Hoor hoe kruip ek uit my dop,
kom hoor die dinge in my kop.”

So praat jy trots in Afrikaans
terwyl jy ritmies staan en dans
op die kwinkslae van jou eie klank
onbewus van die vuil stank.

Ek wonder of jy nie kan lees
of wat was agter jou gewees
dat jy nie beter woorde ken
om nuwe vriende mee te wen.

Namakwalanners praat maar so,”
is retoriek wat jy vas glo,
maar ek luister fyn na almal daar
en vind die valsheid is nie waar.

Daar is tog woorde in ons taal
waarmee jy stories kan verhaal,
woorde wat ons almal ken
en sonder skaamte kan neerpen.

Is jy net traag om eers te dink,
kom die slegte woorde net te flink?
Vat jou tyd, moet jou nie haas,
jy is mos oor jou woorde baas.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Tuesday 2 June 2020

Prioriteite


Sorgeloos net soos 'n kind
het ek my aan die reënboog se punt bevind
ek het daar afgegly
en net daar gebly,
deur klatergoud totaal verblind.

Maar op 'n dag toe kry U my
waar ek aan die einde van die reënboog bly
en die dag toe U my daar vind,
toe is ek skielik nie meer blind,
maar van al die onbelang bevry.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday 1 June 2020

Mes, mis, missie


Vanoggend skiet my woorde kort
en kry ek niks uit die sleutelbord,
want jy is weg
en niks voel reg
ek sweer jy’s met my asem vo’rt

Daar is 'n leegte binne my
'n plek waarin net jy kon bly
die golf van die see
het jou weggevee
in eensaamheid sal jy my kry

Hou aan met klop, moet ek vermaan,
maar my hart se pols wil nie verstaan
want die innige seer
wat hom binne verteer
gee hom geen rede om meer aan te gaan

Mt hart is stukkend, dit voel gebreek
jy het my met 'n ander verneuk
hoe ek daarmee saam moet leef
vra ek nou al tevergeef
met 'n mes wat diep in my rug insteek

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...