Search This Blog

Saturday, 29 September 2018

Fullness of time

As this morning breaks anew,
grasses covered in fresh dew,
birds are singing in the trees,
blooms are budding ‘tween the leaves.

My eyes rest on this splendour
as I think of my Deliverer,
and of Him coming on a cloud
to gather His beloved crowd.

Will that morning break like this,
filled with joy and peaceful bliss,
or will the storm clouds gather low
to bring the One that all should know?

Be it morning, noon, or night,
I would not wish to miss the sight
when God returns in His full might
to set the wrongs back to right.

I’ll meet Him up there in the sky
and join in the triumphant cry.
Of what awaits I’m ignorant,
I only know He is magnificent.

So, as morning breaks anew,
with grass covered in fresh dew,
I know the task that lies ahead;
I’ll speak life to those who are still dead.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday, 27 September 2018

Depressie

Soos die donker naderskuif
voel ek hoe die vrees my dryf
om in 'n hoekie te gaan bibber
en van die angs te sit en sidder.

Maar dan kom soek my Vader my
en Hy sukkel nooit om my te kry.
Hy vat my rustig aan die hand
en fluister sag in my verstand.

Met die nuwe insig wat Hy gee,
waag ek dan bewerige treë
en vind moed in die donker plek
wat my in depressie in wou trek.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Friday, 21 September 2018

Klop-klop

Ek wonder wie staan by die deur
en klop so aan my hart se seer.
Ek wonder of ek moet oopmaak
en hom innooi in die teer saak.
Miskien moet ek die kans maar waag
want my eie kragte lê bra laag.
Miskien as hy na binnekom,
sal hy my met wysheid kan verstom.

Ek maak die deur oop op 'n skreef,
want bang is in my ingeleef
en ek het nie meer hoop of moed,
maar glo makliker in sleg as goed.
Die Man op die drumpel verbaas my,
ek het nie verwag om Hom hier te kry;
ek het gedink Hy sou van my vergeet
aangesien Hy alles oor my weet.

Hy vra of Hy kan binnekom
en ek nooi Hom in, steeds verstom.
In Sy hande is 'n waterbak
waarmee Hy op Sy knieë neersak.
Hy vra my om rustig terug te leun
wyl Hy my met 'n voetwas seën
en toe ek weer my woorde kry,
vind ek my van my vuil bevry.

Ek kan getuig van veranderinge,
van vreugde, hoop en ander dinge,
van 'n lewens-ommekeer,
van nuut praat en dink en meer.
Maar eintlik wil ek jou net vra
of jy nie dinge het wat pla
en of jy nie ook Sy klop kan hoor?
Maak oop die deur! Begin weer voor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Wednesday, 19 September 2018

In my Vader se sorg

Ek het my Vader se hart gehoor
toe Hy my met sy minnelied bekoor,
toe Hy my sê Hy ken my naam
en dat Hy Hom nie vir my skaam.

Met my geboorte was Hy daar
saam met ander om die bed geskaar,
het Hy ook oor my vel gevryf,
trots op die kurwes van my lyf.

Hy ken my sit, my staan, my loop
en gee my moedeloosheid hoop,
Hy weet die goed wat ek bedink,
gee my 'n toekoms wat blink wink.

My Vader hoor ook as ek kla
en Hom vir ander dinge vra
as dit wat Hy my nou mee seën -
en somtyds kla ek steen en been.

Tog bly Hy steeds getrou aan my
al lyk dit asof ek swaar kry
So, gee ek vandag dan weer vir Hom,
wag dat Hy my met Homself verstom.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Monday, 17 September 2018

Stil gepraat

My mond word met 'n woord gesnoer
as jy alewig oor my rede boer,
as jou woorde oor my eie ploeg
asof ek denkeloos hier wroeg.

Tog, as jy jouself stil sou maak
kon ons twee praat oor elke saak
en dit van alkant saam bekyk
om te sien hoe dinge werklik lyk.

Maar nou stoomroller jy maar aan
in jou monologiese bestaan
waar my verstand geen gewig dra
en jy nie na my mening vra.

Dus, verskoon my as ek loop
en jou van jou gehoor kaal stroop,
want waar my woord nie waarde kry,
het ek geen rede om te bly.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Saturday, 15 September 2018

Die stoompot

Die prutpot raas en sus en stoom
wyl die reuk die huis deurstroom,
geure van lekker bredie-sop
wat my honger laat inskop.

So prut dit ook wanneer ek dink
oor dinge wat eers laat insink,
wat ek keer op keer maar weer probeer,
want dis te taai om te verteer.

Uiteindelik word die vesels sag
en senings verloor ook hulle krag.
So word herinneringe ook weer teer
en maak gedagtes nie meer seer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Thursday, 13 September 2018

Sonde met die bure

Ek het 'n buurman wat my vreeslik pla
Hy kan hom Saterdae so sleg gedra
Dan loop hy kaallyf in die tuin
terwyl die sonlig op hom skyn.
Hoe moet 'n vrouehart dit hou
as jy weet die man bibber van die kou?
Jy haas jou om gou koffie in te skink
sodat die man iets warms sal kan drink.
Wyl jul dan oor koeitjies en kalfies praat,
vra jy hom dan ook vir bietjie raad
met een of ander ding wat tuis jou pla
en dan bied hy hulp aan sonder dat jy vra!

Ek had 'n buurman wat my vreeslik pla,
maar anderdag het hy my hand gevra!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...