Search This Blog

Monday 27 August 2018

Die minnebrief


Dis in die blaaie van 'n boek
dat ek na inspirasie soek,
maar wat ek hier kry is te min
om kreatiwiteit mee te ontgin.

Dan wend ek my tot die natuur
en vind dit meesterlik versier
deur Een wat iets uit niks uit maak
vir die liefde van die saak.

Ek verwonder my oor al die kleur
en oor hoe die tyd dit nie verweer,
want tot in die kleinste kern binne-in
getuig dit dat God ons diep bemin.

Met die minnebrief so oopgesprei
is daar inspirasie ook vir my
om kreatiewe liefde te kan gee
en die haat en onmin uit te vee.

Ek neem 'n blad uit God se boek
vir inspirasie vir die doek
wat ek met kleur kwashale bedek
in hoop dat dit liefde sal opwek.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...