Search This Blog

Tuesday 3 September 2019

Soos die wind bepaal


So kom die hitte met die wind se draai
en hy stuur die koue in sy maai,
hy maak die branders ongedurig
en gemoedere word vurig.

Dis die Oosweer wat so maak,
hy gryp ons almal aan die kaak,
soos Simson slaan hy ons dan plat
voor 'n ander wind oorvat.

Maar waai die winde uit die weste,
dan is dinge op hul beste,
want westewinde bring mos reën
om die dorre aarde mee te seën.

Uit die Suide kry ons koud,
en soek ons naarstig na braaihout
want vuurtjie-warm wil ons wees
as die Suidewind ons kneus.

Laat ons nie die Noordewind vergeet,
want dis die een waaruit ons eet,
dis hy wat mos die snoek laat loop
wat ons op die kaai verkoop.

Die Weskuswind se waai bepaal
die trant van elke dag’s verhaal,
mens en dier skik hom daarna
eerder as om windstil dae te ja.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...