Search This Blog

Thursday 17 October 2019

Meulsteen-tye


Daar is 'n meulsteen om my nek,
wat dreigend my na onder trek.
Dit is daar deur myself gehaak,
om lig te werp op 'n swaar saak.

Ons kinders soek verward na raad
met regte wat hul maar min baat,
want eintlik wil hul maar net weet
daar’s liefde ook in wêreldsleed.

Wanneer 'n wet die huis indring,
sonder om nuwe insig ook te bring,
dan maak die wet ons hande vas
en belaai ons met 'n te swaar las.

Ek wil ook kinders veilig sien,
en weet dat ons wette hul ook dien,
maar wette maak gaan hul nie raak
en gaan hul geensins veilig maak.

Maak die oortreder se hande vas
en verlig die ouer se skouerlas,
gee die onderwyser weer gesag,
let op jou eie sosiale gedrag.

'n Kind is nie volwasse nie,
verstaan nie die regte-kwessie nie;
hou op om hom daarmee te peper,
jy is mos groot en weet van beter!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...