Search This Blog

Monday 6 April 2020

Weskus-weë


Aan die Weskus see het ek my hart kom gee,
maar die lewe loop op vreemde weë,
want wie sou kon raai dat hierdie baai
my ongetemde hart sou kon verraai?

Die wind waai wild, die wind waai koud
en die see se spoor spoel die wêreld sout
waar die druppels op my wange land
wyl ek naak lê teen die rots se wand.

Die wind die huil met woeste mag
en beur teen my met al sy krag;
laat my uitgespoel en omgewoel
met 'n hart wat klop, maar niks meer voel.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...