Search This Blog

Wednesday 18 August 2021

Swart Jan


Vandag moet ek my woorde tel
want idees het in my opgewel
wat ek sukkel om binne te hou,
want eintlik hou ek nie van jou.

Sleg as mens polite moet wees
as jy so bots met iemand se gees
dat jy voel dit gaan jou onderkry
as jy een oomblik langer bly.

As ek die ding ondersoek,
vind ek dis omdat jy vloek
en dan drink jou ook te veel,
met negatiwiteit wat my verveel.

Ek het vreeslik hard probeer
om dit alles te hanteer,
maar toe’s jy ook nog 'n rassis;
dit het al my goedheid uitgewis.

Ek wonder of jy enigeen respekteer,
van medemens, tot ons liewe Heer,
oor elkeen eien jy vrye sê
en het jy 'n eiertjie te lê.

Nee wat, meneer, gaan maar jou gang
met jou pikgesmeerde galgesang;
ek kies om eerder vry te leef
van hul wat wrokke nie vergeef.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...