Search This Blog

Wednesday 8 November 2017

Eiland-myn


Eiland-myn

Hier op my eiland sit ek
alleen met net my woorde
en 'n hart wat by my oë uitlek.
Ek stuur my dink in alle oorde,
maar al wat hoor is net 'n dowe,
'n blinde sonder insig kyk ook,
want my siel is van sy stem berowe,
en ek stuur my noodsein op in rook.
Hoor my, hoor my, luister tog
skreeu ek op 'n gesiglose skare
wat vinger-scroll verby my bog
opsoek na 'n ander een se ware.
Hart van my, gaan lê nou stil
en maak jou toe in duistenis.
Op hierdie aarde is jy nul,
is elke dag beslommernis.
Wie wou jou ken, en van jou weet?
Wie kon jy met jou woord bekoor?
Elkeen wat was, het reeds vergeet,
en die wat is, wil niks meer hoor.
Eiland, Eiland, gooi my toe,
bedek my in 'n graf van pyn!
Eiland, Eiland, weet jy hoe
maak mens met 'n woorde-myn
wat steen vir steen oop moes breek
om rou emosies bloot te lê?
Kan ek die myn nou weer versteek
waar niemand dit ooit weer wil hê?
My eiland swyg, stil soos die graf
en ek stamp my voet in woede.
My voet sink in die diepte af,
substansieloos is hierdie roede.
My eiland was 'n vasteland
propvol gestamp van mense.
Een vir een reik hul die hand
deur my selfopgelegde grense.
Die dowes wat nooit dowes was,
maar blindes met 'n visie,
reik my die hand na hulle pas
en deel met my hul missie.
Dit was net ek wat weg wou keer
om van die skares te ontvlug,
maar teen liefde het ek geen verweer
en stadig wentel ek na woorde terug.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...