Search This Blog

Saturday 4 November 2017

Kleindorpie-kind


Kleindorpie-kind

Dis met die terugstap dat die ding haar tref;
terugstap is nie 'n opsie nie, dis onbekend.
Sy loop op haar eie spore wanneer sy dit besef
en wonder waarom voel haar wese onversend.
Hierdie dorpie het haar gepas soos 'n ou jas
wat mens jaar na jaar dra, aan jou lyf gevorm,
maar vandag voel hy te klein en druk haar vas
en sy loop met die besef, diè pas is nie haar norm.
Hoeveel gewig kan mens in die vreemde optel?
Hoe kleef 'n nuwe plek se dink en doen so taai,
dat jou eie spore nie eens meer jou verhaal vertel?
Hoe kan jou eie skoen se trap jou gister so verraai?
Die jas sit knap; haar dink is wyd, haar kop is oop
en die dorp se geur trek sy muf in haar longe in,
soos 'n vergeelde bekleedsel, van sy fleur gestroop.
Haar lewe het 'n ander plek, 'n ander tyd, en nuwe sin.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...