Search This Blog

Wednesday 5 September 2018

Storietyd


In die aand, in my bed
begin die dag se grootste pret,
want dan bring Ma die boeke uit
en klim ons in die storie-skuit.

Ma lees van 'n draak en 'n ridder
en ek word so benoud dat ek wil sidder,
maar later is dit tyd vir ‘n UFO
en die ruimteman se tweevinger-klou.

Op 'n ander aand leer ken ek 'n meermin
met 'n kleurryke stert en 'n baie groot vin,
maar dan is dit tyd vir die feëprinses
wat telkens in die sop land, al doen sy haar bes.

Op ons reise deur die blaaie van die boek
het ons ook nog 'n seerower opgesoek.
Met sy buit êrens op 'n eiland versteek,
moes ons eers deur die kaart se kode breek.

Ons reise neem ons verby ruimte en tyd,
soms fluister ons sag, of skreeu lekker luid,
maar ek weet as ek vanaand bed toe gaan,
word ek weer deel van 'n helde-bestaan.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...