Search This Blog

Sunday 17 February 2019

Baas en Klaas


Kom dan aarde, maak geraas -
wys ons wie is Baas en Klaas.
Bult jou spiere, toon jou mag,
want dis wat ons van jou verwag.

Die aarde swyg en bly maar stil,
berus hom maar by God se wil,
terwyl die mensdom hom oopbreek
en uit sy rykdom uit verneuk.

Maar God sit op Sy regterstoel,
kyk hoe die mensdom hom omwoel,
verstom Hom aan die harde werk
waarmee hul hul posisies sterk.

Maar eendag kom 'n wind verby
en maak tot niet die delwery
en in daai oomblik se rondwaai
word al’s van waarde afgemaai.

Dan staan die mens met vuis omhoog
beskuldig God in sy betoog,
maar dan is dit die eerste keer
dat hy erken God’s in beheer.

Tot daai dag kom is mens mos baas,
en maak hy God tot dienaars-klaas,
maar skuld, diè wil die mens nie dra,
sal eerder dan vir God aankla.

Dus, vra jou nou, wie’s in beheer,
en as dit God is, gee Hom eer,
maar as jy self die leisels hou,
erken dan jy het self jou gat gegrou.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...