Search This Blog

Friday 5 June 2020

Moordenaarsbaai


Die mis hang laag daar oor die baai
waar Jan die dag vir Piet verraai.
Die dag wat hul die vis loop vang,
het alles gebeur op Jan se aandrang.

Piet staan rustig met lyn in die see
toe 'n swaar klip hom teen die oor vee.
Sy verbasing was onaardig groot
voor hy in die see stort na sy dood.

Heel gou was Piet se weduwee getroos,
want Jan versorg haar en die kroos.
Heel gou is hy ook in haar bed
want hy’t haar uit die gemors gered.

Die dag toe staan die twee op trou,
dis nou Jan en oor’le Piet se vrou.
Maar toe die doom’ die ja-woord vra,
sê iemand daar’s nog iets wat pla.

Jan word wit, net soos 'n doek,
en begin naarstig’ na woorde soek,
maar al sy soek was puur verniet
want agter in die kerk staan Piet.

Moordenaarsbaai se bloedrooi sand,
was waar Piet die dag in die water land.
Of die storie waar is, kan ek nie raai,
maar so loop die storie in Hondeklipbaai.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...