Search This Blog

Wednesday 3 June 2020

Kontreitaal


Komaan mense! Gee gehoor.
Kom leen my elke leë oor.
Hoor hoe kruip ek uit my dop,
kom hoor die dinge in my kop.”

So praat jy trots in Afrikaans
terwyl jy ritmies staan en dans
op die kwinkslae van jou eie klank
onbewus van die vuil stank.

Ek wonder of jy nie kan lees
of wat was agter jou gewees
dat jy nie beter woorde ken
om nuwe vriende mee te wen.

Namakwalanners praat maar so,”
is retoriek wat jy vas glo,
maar ek luister fyn na almal daar
en vind die valsheid is nie waar.

Daar is tog woorde in ons taal
waarmee jy stories kan verhaal,
woorde wat ons almal ken
en sonder skaamte kan neerpen.

Is jy net traag om eers te dink,
kom die slegte woorde net te flink?
Vat jou tyd, moet jou nie haas,
jy is mos oor jou woorde baas.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...