Search This Blog

Wednesday, 14 June 2017

Genade


Genade

Mens kan so gou vergeet
dat God tog reeds al weet
dat mens maar feilbaar is
in hierdie liggaamskis.

Dog deur die eeue heen
het God Hom nooit vervreem
van feilbaar mensekind
se egosentriese bewind.

In onvoorsiene Godsgeduld
ontsien Hy ons van skuld
en gee ons daagliks nog ‘n kans,
herstel ons wankelmoedige balans.

Al sou ons Petrus-gewys ontken
het ons steeds God se hart gewen
en leef ons in geloof en hoop
dat Hy ons van onsself sal stroop
om eendag op die Hemelkus
te weet dat ons in God kan rus.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Klop-klop

Ek wonder wie staan by die deur en klop so aan my hart se seer. Ek wonder of ek moet oopmaak en hom innooi in die teer saak. Mis...