Search This Blog

Thursday, 29 June 2017

Woorde-wewer


Woorde-wewer

Wat’s 'n woorde-wewer se waarde
in die massa media-maniakke se kake?
Wat is die wewer se impak op die aarde
en sy invloed op die dag se sake?

Woorde-wewer weef vir my
'n huis van goud om in te bly,
'n voertuig wat emissie-loos rondry
en 'n katel-knaap om te kan vry.

Woorde is slegs waardelose klanke
tot 'n genadelose spreker dit rondslinger
na eergesante in amptelike banke
wat hand omhoog dit weg wil vinger.

Woorde-wewer weef vir my
'n land waarin ek veilig bly,
'n werk sou ek ook graag wou kry,
en medies dalk, verniet en vry.

Woorde-wewer weef sy inkantasies nuut
en staan weg om die resultate te bewonder.
Tower-woorde waarmee hy hoop bied,
maar lyk die wêreld enigsens gesonder?

Woorde-wewer kry jou ry
as woorde al is wat ons kry.
Jou woorde wek slegs stryery,
ons sou jou liewer wou vermy.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Ruïnes

Hier dwaal ek weer in die ruïnes rond op 'n warm pad van klip en grond waar mense lag en traan gestort nou deel van hierdie aa...