Search This Blog

Sunday 12 July 2020

Die fondasie


Gister het ek geloop sonder om te klop
maar vandag het ek by die deur gestop
want die huis wat uitstaan teen sy bure
laat my wonder wat’s agter sy mure.

Middag,” groet ek dan die vrou
wat die deur vir my oophou
en my nooi om in te kom,
al laat my daar-wees haar verstom.

Ek vra wat die storie agter haar huis is,
maar sy lyk van die verskille onbewus
tot ek haar tuin aan haar uitwys
en die versorgde toestand van haar huis.

Dan lag sy lekker uit haar maag
en sê dis haar man wat die goed najaag;
hy kom uit die Boland waar jy moet snoei,
wyl jy hier moet sukkel dat goed net groei.

Die goed wat sy sê maak wel vir my sin,
want hoe ons leef, spruit uit waar ons begin,
die goed en die sleg neem ons met ons saam -
ons kan daarmee pronk, of ons daarvoor skaam.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...