Search This Blog

Monday 13 July 2020

Elke hond kry sy dag...


Vanoggend spring ek pronkstert uit die bed
gereed om man en muis van invallers te red,
maar wat was my verbasing groot
toe ek vind niemand dreig ons met dood.

Die honde blaf dat hoor en sien vergaan,
dit grom en knor vir alles wat bestaan,
maar 'n oortreder kon ek glad nie vind
vir hierdie honde-skrikbewind.

Dus, glip ek terug onder die kombers
wyl ek hard op al my tande kners
want die wysers teen die ander muur
vertel dis steeds 'n bose uur.

Later, toe ek op is en die son sit hoog
begin 'n gedagte in my kop betoog
want die honde lê lekker in die son en dut
terwyl ek kiertsregop op die stoel moet sit.

Toe ek my kon kry, toe spring ek op
en toe’s daar aan my planne geen meer stop -
ek skreeu en ek gil en ek maak 'n geraas
en die honde skrik wakker, bekyk my verdwaas.

As jy dus in my huis 'n hond wil wees,
sal jy moet leer om tot laat op te wees,
want vroëe oggende mag jou dalk berou
in die huis van die anders-denkende vrou.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...