Search This Blog

Saturday 14 October 2017

Roekelose woorde


Roekelose woorde

Brutaal uitmekaar geskeur
deur 'n meedoënlose woordesleur
staan jy eenkant uitgelewer
aan 'n ligsinnige raadgewer.
Met jou siel naak uitgetrek,
uitgestal en oopgevlek
weerloos voor die woordaanval
wat jou oopruk knal vir knal.

Wat laat mense ander terg?
Is dit om eie denke te verberg,
'n woordeskans om weg te steek
die goed wat hart en siel oopbreek?
Hoe staan jy slagoffer daarvoor,
jong vreugde roekeloos vermoor
deur woorde gans te onbedag,
gekies om teer emosies uit te lag.

Versigtig het jy uit jou dop gekruip
en saggies heen en terug gesluip,
gepoog om nie dit te verraai
wat ander roekeloos versmaai.
Dit was nog nuut, nog onontdek,
te vroeg vir woorde skiet met spek.
Lê teer gevoelens reeds in graf,
of kon hul die teëstander kaf draf?

Probeer maar weer om dit te waag,
wie weet of jy nie die keer slaag
om huis en haard en meisiekind
aan jou gedagtes vas te bind?
Nie alle liefde vrot soos ‘n komkommer,
sommige is reeds vroeg besonder.
Sou jou planne dalkies nie misluk,
mag jy vreugde vind in hierdie pluk.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...