Search This Blog

Sunday, 22 October 2017

Waagmoed se nagevolge


Waagmoed se nagevolge

Sê net eina en beweeg dan aan.
So, salf ek my gemoed met woorde
maar die pyn word nie hierdeur ongedaan
en dit skuif ook nie na nuwe oorde.

Ek het weereens uit my dop gewaag
en die spyt kom heeltemal te laat.
Ek wou net seer mense onderskraag,
maar my waagmoed het my niks gebaat.

Almal loop weg met pleisters op die siel
wat van my woordevloed getuig.
Tog voel ek in my siel verniel,
gekneus, en te ver agteroor gebuig.

Ek ken tog die skuiling wat stilte bied
en het meermale al vas hieroor besluit,
dat ek nie meer my teenwoordigheid sal bied,
want dit lei net tot selfverwyt.

Waarom het ek soveel te sê gehad
en kon ek nie eerder net stilbly?
Van praat en praat, is ek nou sat,
ek sou liewer anoniem wou bly.

Tog, is dit my Vader wat my uitdwing
om met my praat, Sy kinders te beraad.
Waarom wil my kop dit dan so verwring
dat dit my mooi herinneringe skaad?

Dis omdat ek bang is vir verwerping,
dat ek iets sal doen wat mense laat wegdraai,
my sal uitstoot uit die beskutte binnekring
en my teer gevoelens sal verraai.

Nou sit ek in die nastryd van ons ontmoeting
en wens dit wat so geseënd was, het nie gebeur.
Ek wil in my eensame kokon terugspring
voor jou kyk en woorde ons in stukke skeur.

Tog is daar wel die kans dat dit nie so sal wees,
maar my verlede maak my hopeloos benoud.
Verwerping skep in my 'n helse vrees
en ek sny jul dus af voor ons verkoud.

Maar is dit wat my Vader by my wakkermaak,
of is ek besig om Sy genesing te weerstaan?
Sal my toegee hieraan nie vir Hom versaak?
Hiedie gedagtes maak my moeg, gedaan.

Vader, pantser tog my hart en kop
teen die aanslae van hier binne.
As U nie ingryp nie, gaan ek dop
en dit beroof my van my sinne.

Dis maklik om die knie te buig,
maar wat maak ek met my hoof?
Ek’s ingestel op elke sintuig
wat moontlik my vrede kan beroof.

So het ek reeds ons samesyn verwerp
deur klein kykies en glimpse deur die dae.
My oordeel is heel moontlik te skerp,
maar daar is tog dingetjies wat pla.

Dan trek ek veilig terug in my alleenwees in
en bêre almal veilig agter geslote herinneringe,
waar opnuut waag nie iets is om te ontgin,
en waar ek myself verloor in ander dinge.

Maar Vader, laat my tog ten laaste waag te sê
dat ek 'n pad verby myself sal vind, as U wil
dat ek my of U woorde in ander moet belê,
eerder as om in my kokon te sit en te verstil.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Ruïnes

Hier dwaal ek weer in die ruïnes rond op 'n warm pad van klip en grond waar mense lag en traan gestort nou deel van hierdie aa...