Search This Blog

Saturday, 9 September 2017

Boomvas-geankerde oorlewingsstryd


Boomvas-geankerde oorlewingsstryd

Statig staan hy onverstoord,
dekades erken dat hy hier hoort
Met wortels diep in die grond geplant,
staan boom en aarde hand aan hand.

Boom van kennis en van lewe
voel jy hoe die aarde bewe?
Staan jou staan en gaan jou gang
onverskrik deur mense-drang.

Menere kom, menere gaan,
een deur die ander ongedaan.
Tog staan jy steeds onaangeraak
deur die dinge wat die aarde kraak.

Boom van lewe van ons tyd,
is jy oor ons dade spyt,
of staan jy daar sonder verwyt
oor die mense se magstryd?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Leer van leed

My Vader, kan ek by U leer van menseleed en hul hartseer, want in myself is ek beperk, soek uitkoms in 'n wonderwerk Maa...