Search This Blog

Thursday, 7 September 2017

Piet, Pieter, Pietste


Met 'n besoek aan vriende eenmaal, was hulle opgewonde om my aan iemand voor te stel. Die man se naam was Piet. Die vriend was Pieter. Met slegs twee mans in die geselskap, waarvan een in oorweging geneem moet word, was dit onvermydelik om vergelykings te tref. Ongelukkig het arme Piet nie 'n kans gestaan in hierdie opset nie. Maar uiteraard was Pieter ook nie 'n oorweging nie. Wat gemaak as mens so 'n situasie beleef? Jy skryf 'n lekker speelse gedig en laat jou verbeelding vrye teuels toe.

Piet, Pieter, Pietste

Piet, Pieter, Pietste
vir wie is ek die liefste?
Pieter, Pieter Pappegaai
het koggelend my hart verraai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
roep my om met hom te trou
Piet, Piet, Pimpernel
omgekolkte liefdesspel.

Piet, Pieter, Pietste
laat staan maar jou askuuste
Piet, Pieter, Pappegaai
jou woorde stuur ons in ons maai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
wat soek jy in 'n ander kou?
Piet, Piet, Pimpernel
Die kakelaar het my vertel.

Piet, Pieter, Pietste
Ons ly nog geen verlieste
Piet, Pieter, Pappegaai
ons lewens neem 'n nuwe draai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
staan voor my met diep berou
Piet, Piet, Pimpernel
hou maar op om jou te kwel.

Piet, Pieter, Pietste
wie maak my nou die viesste?
Piet, Pieter, Pappegaai
die haan het gans te laat gekraai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
Kan ek jou ooit weer vertrou?
Piet, Piet, Pimpernel
Jy’t my gans te veel ontstel.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Ruïnes

Hier dwaal ek weer in die ruïnes rond op 'n warm pad van klip en grond waar mense lag en traan gestort nou deel van hierdie aa...