Search This Blog

Monday, 11 September 2017

Toetsresultate


Toetsresultate

Soveel dae en soveel dinge,
dog stadig kom ek tot my sinne,
besef dat ek en jy nie hoort;
jy hou jou dan nie by jou woord.

Oeps! Dit val in duisend skerwe
Na als, lê my hart nog onverwerwe
Die idee van jou was nice gewees,
maar my emosies is nog ongekneus.

Te veel toegee, te veel waag
het my gemak te veel verlaag.
Jou wegbly het my koud gelaat
Ek is vir jou te fyn bedraad.

Ek soek dus voort en dalk verniet,
maar in my soek is geen verdriet
Uiteindelik sal ek rus kan kry,
is hierdie waagstuk ook verby.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Vrotsige vryer

Die vrotsige vryer het my verlaat en nou kan ek eindelik oor die ding praat, want tot nou toe het ek weggekruip van 'n man wat...