Search This Blog

Tuesday 5 September 2017

Grootoog grootmense swyg


Grootoog grootmense swyg

Grootoog grootmens staan jy daar
met jou geheim wat jy bewaar,
vas oortuig dat jy die kind beskut
deur nie woord te geen aan dit.

Stilswyend trek jul kake styf,
skreeu die kennis uit jul lyf
van die saak wat jul bang maak,
maar die kinders glad nie traak

Stilswye word 'n monster-ding
wat die kind se lewe indring,
sonder naam en ongenoem,
in stilswye nie verbloem

Grootmens, dom mens, luister dan!
Gee die ding 'n naam en van
Gee hom vorm, ken hom uit
Vertel die kind hoe lyk sy byt.

Kinders vrees die onbekende,
waarheid-omgord dus nou jou lende
sodat jy hul bekend kan stel
aan jou selfopgelegde stilte hel

Kinders kan nog glo en hoop
al is jy reeds daarvan gestroop
Hulle sien nog kans vir môre
in hul onskuld onbedorwe.

Met jou vrees geplek, genaam,
sal ons almal saam kan staan
Nie langer in stilte geïsoleer,
kan ons saam die vrees afweer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...