Search This Blog

Sunday 17 September 2017

Lewenspakkies


Lewenspakkies

Waar sit ek hierdie pakkie neer?
Ek hou hom vas, maar hy maak seer.
Wil U hom nie maar by my vat
ek is van seerkry siek en sat.

U weet ek dra al baie lank
aan andere se stank en dank,
maar nou het ek genoeg gehad.
Wil U dit nie maar by my vat?

Ek los my pakkie by U Heer
Dit maak my skouers rou en teer.
Mense kan dit nie verstaan,
tog weet U reeds wat hier aangaan.

My seerkry maak my hardekwas.
Sal U bloed my skoon kan was?
Sal U bloed my rein kan maak?
Laat U my net nie ook versaak!

My God, my God, hoor my gebed
wat smeek dat U op my sal let
om aan my redding te verleen
Kloof oop my haat tot op die skeen.

Laat my nie aan mense oor,
draai U die oor en gee gehoor
My saak lê voor U oopgestel
ontbloot met alles wat my kwel.

My Vader hoor, Hy sien my raak
Gebed verander elke saak,
wat ek eerbiedig voor Hom lê.
Ook nou sal Hy 'n antwoord hê.

Ek raak nou rustig, kwel nie meer,
ek het baie by my God geleer.
Ek kan vergewe soos Hy sou,
ontvang dieselfde in berou.

Vader, vergeef, ek’s desperaat!
My Vader wat my hartstaal praat,
steek uit Sy hand en raak my aan
sodat ek weer orent kan staan.

Hy streel sag oor my hart se seer,
gee my die moed vir weer probeer.
Sy Gees-vervulde heerlikheid
neem my besit en sal nie wyk.

Versigtig waag ek tree vir tree
die nuwe rigting wat Hy gee
met oë en ore Gods-gerig
dra my lewe nou Sy vrug.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...