Search This Blog

Wednesday 23 May 2018

Gemeenskap van die heiliges


Haan, staan jy en koning kraai
wyl jy die kerk met mis besaai,
vanaf jou kateder van kritiek,
wyl jy liefde slegs mimiek.

Verteenwoordig jy jou Vader
as jy in haat tot ander nader
en hul nie 'n kans wil gun
om te doen wat hul bemin?

Is jy die een wat God se naam
iets maak waarvoor die mens hom skaam,
sodat hy ander velde gaan besoek,
wyl jy by jou getroue groepie kloek?

Weet jy dan nie wat liefde is,
met sy wortel van vergifnis,
wat jou reg gee om ander te verskoon
om ook die dienste by te woon?

Waarom leen jy dan jou ore uit
aan hulle wat haat en leuens verspreid
in kerkgeledere uitbasuin
met min ontsag vir andere se pyn?

Staan vol jou plek en wees 'n man
wat ander bemagtig sodat hulle kan
doen waarvoor hulle geroep word,
anders skiet die kerk tekort.

Gee jy die rigting en leiding
om eenheid te maak van skeiding,
en wees paraat en op jou plek
wanneer ander hulle monde rek.

Laat jou woorde liefde wees,
want so word alle seer genees,
ook die wat in kwaadpraat begin
en nooit oor die impak daarvan besin.

As ons mekaar nie kan akkomodeer
in die plek waar ons ons God vereer,
hoe kan ons dan die wêreld raak?
Dan het ons God mos reeds versaak!?

Dus, rig op jou hart en buig jou knie
want hierdie gaan nie oor jou eer nie.
Jy sal ander moet ondersteun
en hom jou skouer gee om teen te leun.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...