Search This Blog

Tuesday 29 May 2018

Ouderdom


Ek sien jou oud word voor my oë
en soek die mens wat jy eenmaal was,
maar elke herfsdag is 'n gawe van bo
en elke asemteug word 'n las.

Wanneer het jy dan so oud geword
dat dit ons so ongemerk bekruip het?
Hoe het jou lewensdae nou so verkort
en waarom het ons nie daarna opgelet?

Jou treë word traag en baie stadig,
jou geheue laat jou ook in die steek.
Daar is aan oudword net niks statig
as dit menswaardigheid afbreek.

Ek mis die kragdadige energie
waarmee jy die lewe aangepak het.
Hiervan is daar nou geen teken nie,
al wil jy jou soms daarteen verset.

Rus dus nou sag en lê maar terug,
ontspan en gee jou aan die slaap oor.
Ons stap saam met jou oor hierdie brug
en laat jou nie gaan voor ons jou verloor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...