Search This Blog

Tuesday 1 May 2018

Kinderlaggies


Ek wou in die bed wegkruip
toe jou lag my daar ontdek
en by my kombers insluip
om my uit die bed te trek.

Giggellaggies galm helder
in die gange van ons huis,
lig elk donker denke-kelder
en bring dit tydiglik weer tuis.

Kinderling, my sonnestraal
suiwer klank-geskenk van bo
wat my uit die swart kom haal
en onthou aan Wie ek glo.

Jou vreugde borrel immer luid
steek my grootmens-swaarkry aan
vind my met arms wyd gespreid
grypend na kinderlag-verstaan.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...