Search This Blog

Friday 11 May 2018

Verkrag


Hier staan ek voor die woord verkrag
en verwonder my oor al sy mag.
Hierdie woord wat lewens stukkend skeur
of dit nou wel, of nie, gebeur.

Hoe is die mens nie oorgegee
aan elkeen wat hul weg betree,
maar hoe kan mens dan ooit verwag
dat iemand jou summier verkrag?

Daar is geen twyfel oor die pyn
wat dalk vervaag, maar nooit verdwyn,
en dan opeens weer fel na vore tree,
heel onvoorsiens en ongeleë.

Dog wat as daar nooit verkragting was,
en die onskuldige was verniet belas
met hierdie woord wat seerder maak
as moontlik enige ander saak?

Is die skade enigsens minder fel
as in die ware verkragtingshel,
of is dit moontlik net so erg
vir hulle wat teen die woord verdwerg?

Waar lê die blaam, en wie praat waar,
wonder elk wat om die woord vergaar.
Tog is daar geen uitklaring vir die vraag
waar elkeen kies wie hy onderskraag.

Dis man teen vrou en kind daarby
in 'n stryd wat net nooit einde kry,
gemotiveer deur mag en toon van krag
in 'n wêreld wat steeds na meer smag.

Hierby sal ons die saak moet laat;
die woord bestaan alleen uit kwaad.
Daar is geen goed in hierdie ding
wat ongevraag lewens indring.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...