Search This Blog

Saturday, 15 July 2017

Akkuut eensaam


Akkuut eensaam

Vanaand sit alleenwees akkuut in my lyf vas
en dit druk teen my hart se kamers vir uitkom,
maar enkel-mens bly ek vreemd onaangetas,
dog steeds belas, deur elke mens ver-stom.
My woorde reik nie uit, maar soek na binne
ewig tastend na gevoelens wat mense raak,
na gedagtes wat waarde sal gee aan sinne,
maar ek tas verniet want emosies lê braak.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Klop-klop

Ek wonder wie staan by die deur en klop so aan my hart se seer. Ek wonder of ek moet oopmaak en hom innooi in die teer saak. Mis...