Search This Blog

Thursday, 13 July 2017

Vreemde bemindes


Vreemde bemindes

My lyf het op ver plekke gaan draai
waar hoë winde waai
en lae vlaktes ver reik
om my van nader te bekyk.

My voete het vreemde paaie geloop
om my van my kind te stroop
Teerpad, grondpad, doringpad
en sommer waterlangs het ek rigting gevat.

My hande het aan vreemde dinge gevoel
wyl my verstand met vreemde klanke woel
my mond nuwe smake ontdek
en my neus die geure oopvlek.

Plekke, mense en gewoontes was ongewoon
en tog was elke nuwe plek se groot vertoon
alreeds bekend en reeds bemind
wanneer ek ‘n kennis in ‘n onbekende vind.

So vind ek dan bemindes
tussen vreemde eensgesindes,
en strooi my hart soos saad
na elkeen wat ek agterlaat

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Die fotomodel

Deur die veld het ek gestap, versigtig om die mis getrap My kamera was om my nek, gelaai met fotos van diè plek. Dis toe ek op d...