Search This Blog

Sunday 9 July 2017

Minderjarige aborsie


Minderjarige aborsie
(In reaksie op ‘n SAUK uitsending rakende die onderwerp)

Jy het die reg om stil te bly,
jy het die reg tot lewe,
jy het die reg tot jou liggaam.
Jy het die reg tot vreugde?

Jy het stilte geforseer,
jy het die reg tot lewe ontneem,
jy het die liggaam uitgevee.
Jy het vreugde in ‘n waste emmer laat sit en in die grond verseël.

Hoe proe stilte?
Hoe smaak lewe?
Hoe geniet jy jou liggaam?
Beoefen jy die reg tot vreugde?

Is jy al oud genoeg om te weet dat probleme opgelos kan word?
Is jy al oud genoeg om te weet dat hierdie oomblik nie die res van jou lewe is nie?
Is jy al oud genoeg om te weet waar en hoe om alternatiewe oplossings te vind?
Is jy al oud genoeg om oor lewe en dood te beslis, in ‘n land waar regters nie mag nie?
Is jy al oud genoeg om eienaar te wees van die konsekwensies van jou besluite?
Is jy al oud genoeg om ma te staan vir vandag se dooie babas?
Is jy al oud genoeg om te leef met die intieme kennis van kindermoord?

Jy het die reg om stil te bly.
Jy het die reg tot lewe.
Jy het die reg tot jou liggaam.
Jy hét die reg tot vreugde.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...