Search This Blog

Monday 3 July 2017

Ongesproke gesprekke


Ek dink elke familie het seker maar taboe-onderwerpe wat niemand die moed het om aan te spreek nie? Party se geheime is erger as ander s'n, maar almal het iets. Vandag se gedig is in respons hierop geskryf.

Ongesproke gesprekke

“Hallo! Howzit?”
Gryp om die nek,
klap op die rug,
soen op die bek.
“Hoe gaan dit met Trieksie se spene?”
en ander plaasvervangende beuselagtighede..
Sak swaar af in stoele,
kla oor die weer,
die veranderende leerplan,
die toename in misdaad
die gebrek aan respek by die jeug.
Bekers, teelepels, melk, suiker,
versoeter, koek.
Prys die gebak,
waardeer die breekware,
let op die mooi huis,
grap oor wie dik en dun geword het.

En as daar stilte kom, word oogkontak vermy,
iemand kug, sĂȘ “ja, swaar,” uhm” en “eish,”
maar ons praat nie die ding raak wat in die middel van die gesprek sit nie.

Rugby, die sokker-bod,
die Gautrein, Zuma.
“Lekker gekuier.”
“Maak weer so.”
Gryp om die nek,
klap op die rug,
soen op die bek.
Sluit die deure,
lewer kommentaar oor die en daai se dit en dat,
verlig dat die ding in die middel toegepraat gebly het.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...