Search This Blog

Sunday, 27 August 2017

Innerlike dialoog


Innerlike dialoog

My woorde huppel baldadig voort
ongestuit en onverstoord
op ritme van hul eie gang
met niks naby om hul te vang.

Woorde-wesens help tog verstaan
wat hier in my kop aangaan
sodat my dink nou rus kan kry
van die omgedolwe stryery.

My woorde lieg, hul loop en jok,
hul maak van my die sondebok
en sê my jy sit sonder blaam,
dat ek my vir myself moet skaam.

Woorde-wesens, jul praat mos snert,
of prys jakkals dalk sy eie stert,
wanneer ek onskuld by jul pleit?
Is my onskuld dalk eensydiheid?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Ruïnes

Hier dwaal ek weer in die ruïnes rond op 'n warm pad van klip en grond waar mense lag en traan gestort nou deel van hierdie aa...