Search This Blog

Monday, 28 August 2017

Vlinderman


Vlinderman

Vlinder-sag kom neem jy op my hart plaas
om my liefde se nektar oop te breek
waar ek dit dekades lank veilig versteek,
onbenut en onbekend, sonder enige haas
om iemand te vind om dit mee te deel.
Tot jy opdaag met jou liefdes-streel.

Jou tenger tas het my skoon verras
in 'n man van jou omvang en proporsie.
My opinie oor jou, blyk onvanpas,
herinner my die huid is net 'n korsie
waarmee die ware menswees karig bedek is
sodat hul wat wil weet, met moeite moet vis.

O! Vlinder-man, maak jou vlerke stil
en fladder hulle nie meer onrustig.
Ek dink jy weet nie, het nog geen benul,
ek wil reeds waag, al is dit ook versigtig.
Daar bly slegs een vraag om te verwoord:
spruit jy ook uit my Vader’s vrugteboord?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Ode to coffee

The milk comes from a giant metal jug and sugar spooned from a matching bowl, what comfort at the bottom of my mug the elixir seem...