Search This Blog

Wednesday, 30 August 2017

Ongeag 'n tweesnydende swaard


Ongeag 'n tweesnydende swaard

Mens is nie onveilig tussen afwesiges nie
Veiligheid word bedreig by teenwoordiges
Dit maak van die mensdom in hul essensie
'n sameflansing van egoïsmes en sentrismes
wat op eie gewin uit is sonder inagneming
van verantwoordelikheid teenoor mekaar.
Ons sal mekaar se lewens kru binne dwing
terwyl ons roekeloos apaties onsself verklaar
as waardige gesante met alleenreg op opinie.
'n Ander se kennis, tyd, geld of selfs persoon
is iets wat ons hul nie gun om te verdien nie,
en dan eis ons dit eiegeregtig onsself tot loon.

Mensekind,
onder God se bewind,
is jy gevind
deur die wêreld verblind,
teen 'n swaard se punt.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Gemeenskap van die heiliges

Haan, staan jy en koning kraai wyl jy die kerk met mis besaai, vanaf jou kateder van kritiek, wyl jy liefde slegs mimiek. Ve...