Search This Blog

Tuesday, 22 August 2017

Vervreemding


Vervreemding

Steen op steen pak ek jou agter woorde weg,
waarmee ek ons twee se paadjies vurk.
Jou praat en praat maak niks meer reg,
maar bottel net gevoelens onder kurk,
wat los wil skiet en bevryding soek
van 'n halwe leef agter 'n skadu-doek.

Baksteen staan ek in die hand en vind
die woorde waarmee ek sement aan-troffel,
om my gedagtes met losmaak-woorde te verbind,
wat ons twee van mekaar losskoffel.
Ons gisters is 'n land vol stry en seerkry,
waar ons geen rede vind om langer in te bly.

Ry op ry vervreemding netjies opgepak,
het ons eindelik albei aan die muur gebou,
wat ons lewens uitmekaar laat tak.
Sou ons mekaar werklik wou behou,
sou ons hierdie stene nie kon verduur.
Tog is hul bestaan onontkenbaar hier.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Leer van leed

My Vader, kan ek by U leer van menseleed en hul hartseer, want in myself is ek beperk, soek uitkoms in 'n wonderwerk Maa...