Search This Blog

Wednesday, 13 June 2018

Die snoek loop!


Met vars snoek uit die see
haas hul na die hawekant
Vars vis! Oorgenoeg vir twee!
Vir lekker braai daar op die strand!”
So verkwansel hul die ware,
uit die dieptes uitgehaal,
met wye handgebare
wat die prys daarvan bepaal.

Seemansoog bly op die golwe
wyl ander in hul beddens rus,
die branders is vroeg omgedolwe
langs hierdie lewensryke kus.
Snoeke loop, al boog die deine,
breek die skuite middeldeur,
en slap lê styfgespande lyne
in die waters en verweer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Leer van leed

My Vader, kan ek by U leer van menseleed en hul hartseer, want in myself is ek beperk, soek uitkoms in 'n wonderwerk Maa...